View previous topic :: View next topic |
Author |
Message |
Nagdigter
Joined: 13 Oct 2015 Posts: 1
|
Posted: Thu Oct 15, 2015 2:25 pm Post subject: VIR AL DIE DAMES |
|
|
Sommer vir al die dames...
Wie sal...
Wanneer het jy laas
na die sterre lê en kyk
kan jy nog onthou
hoe die suiderkruis lyk
of die aandster vroegaand
in die hemelruim blink
net so bly ek daagliks
steeds aan jou dink
Onthou jy nog
hoe ‘n ster verskiet
met sy lang stertvlam
verdwyn in die niet
of hoe die melkweg
elke aand in die hemel hang
besef jy regtig
hoe ek na jou verlang
Wanneer het jy laas
die naghemel aangeraak
opreg jou hart
vir liefde oopgemaak
weet jy dat my hart
trane oor jou liefde lek
wie sal jou ooit so lief kan hê
so lief kan hê soos ek....
Die Nagdigter
© C v d Heever |
|
Back to top |
|
|
Dee84
Joined: 20 May 2015 Posts: 6
|
Posted: Thu Oct 15, 2015 5:43 pm Post subject: |
|
|
Dis pragtig Nagdigter. |
|
Back to top |
|
|
Dee84
Joined: 20 May 2015 Posts: 6
|
Posted: Thu Oct 15, 2015 5:45 pm Post subject: |
|
|
Dis pragtig Nagdigter. |
|
Back to top |
|
|
|